Wes-Kaap het tot op hede vyf voëlgriep-uitbrekings

Die Suid-Afrikaanse landboudepartement sê tot op hede is vyf uitbrekings van hoogs-aansteeklike voëlgriep op kommersiële hoenderplase in die Wes-Kaap bevestig. Alle geaffekteerde plase is onmiddellik in kwarantyn geplaas en geen lewende diere, voëls óf eiers mag van die plase af verwyder word nie. Die departement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê verbruikers kan gerus wees dat kommersieel-beskikbare pluimveevleis en -eiers, veilig is vir gebruik: