Wes-Kaap het meeste dwelmmisdade

Die Suid-Afrikaanse polisie se misdaadstatistiek vir Oktober tot Desember, dui aan die Wes-Kaap het die meeste dwelmverwante misdade van al die provinsies. Die provinsie het 15 274 dwelmmisdade gehad in vergelyking met 14 018 in dieselfde tyd die vorige jaar. Gauteng is in die tweede plek met 7 875, gevolg deur KwaZulu-Natal met 5 299 en Mpumalanga met 1 236. Die Vrystaat het 1 078 gehad en Noordwes 1 214. Die Noord-Kaap het die minste dwelmverwante misdade met slegs 492 wat aangemeld is