Wes-Kaap brande maak amok

Die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit se brandweerdienste, in samewerking met hulle vennote, is besig om twee brande in die Breedevallei- en Witzenberg-gebiede te bestry. Volgens die woordvoerder, Jo-Anne Otto, beweeg die brandlyne in die Bainskloof-omgewing na Steenbokpark, terwyl die tweede brandlyn aan die Gouda/Saron-kant van die berg woed. Intussen woed die brand in Fairy Glen, Worcester, steeds buite beheer.