Wes-Indies wen tweede toets teen Australië met agt lopies

Krieket: Die beseerde snelbouler Shamar Joseph het vriend en vyand verras en die Wes-Indiese Eilande gehelp om ‘n opspraakwekkende oorwinning oor Australië te behaal in die tweede toets op die Gabba in Brisbane. Joseph, wat gister weens ‘n besering moes uittree, het vanoggend sewe paaltjies platgetrek vir 68 lopies, wat daartoe bygedra het dat die gashere vir 207 uitgehaal is. Dit het die Windies hulle eerste oorwinning in Australië sedert 1997 besorg.