Werner Kok ruil die Haaie vir Ulster
Rugby: Die voormalige Blitsbok-ster Werner Kok verlaat die Haaie aan die einde van die seisoen en sluit hom by Ulster in Ierland aan. Dit volg op die vertrek van Rohan Janse van Rensburg en Le Roux Roets. Kok het in 55 wedstryde vir die Durbanse span gespeel nadat hy in 2020 by hulle aangesluit het. Die Springbok-senter André Esterhuizen sal na verwagting terugkeer na die Haaie nadat hy weg is by die Engelse klub Harlequins. Die span het ook kontrakte gesluit met Wêreldbeker-wenner Trevor Nyakane en Jason Jenkins.ReplyReply allForward
Attendee panel closed
Heart reaction set to item