Werkswinkel poog om grylys aan te spreek

Die Verenigde Nasies se Kantoor vir Dwelms en Misdaad bied van 10 tot 13 Junie ’n vierdaagse werkswinkel by die Avani Hotel in Windhoek aan. Die werkswinkel, wat daarop gemik is om Namibië se pogings teen geldwassery en teen-terrorismefinansiering te versterk, sal fokus op die verbetering van die vaardighede van aanklaers en ondersoekers in effektiewe batebeslagleggingsmetodologieë en -praktyke. Hierdie inisiatief is deel van Namibië se voortdurende pogings om uitdagings aan te spreek wat in die Finansiële Aksie Taakspan se evaluerings uitgelig is. Deelnemers sal verteenwoordigers van NamPol en die justisie-ministerie insluit. Die Suid-Afrikaanse ekonoom Theo Klein het voorheen aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat Namibië se plasing op die Taakspan se gryslys moontlik weens ondoeltreffende voorkomende maatreëls kan wees. Kosmos 94.1 Nuus het met Edmund Khoaseb, die waarnemende woordvoerder by die justisie-ministerie, gesels oor die belangrikheid van die werkswinkels.