Werkswinkel oor Afrika-verkiesings in hoofstad

Twintig Afrika-lande hou vanjaar verkiesings, en die Sentrum vir Menseregte en die Universiteit van Pretoria bied ‘n tweedaagse werkswinkel in Windhoek aan. Die werkswinkel sal verkiesingsbestuursliggame en verkiesingswaarnemers en -monitors ondersteun in die nakoming van hul verpligtinge ingevolge Afrika-unie-riglyne. Dit fokus ook op die breër AU-raamwerk oor vryheid van uitdrukking, toegang tot inligting en ander relevante instrumente. Verkiesingskommissaris Emerentia Leonard lig die belangrikheid van die werkswinkel uit.