Werksplekke moet borsvoed-hoekies inrig
Die Kraam Beskermingskonvensie 183 is deur adjunk-arbeidminister Hafeni Ndemula in die Nasionale Vergadering gelees. Die konvensie wil kraamverlof verleng en verseker dat moeders ‘n salaris gedurende hierdie tydperk ontvang. Dit moet deur die huis goedgekeur word woordat dit bekragtig kan word. Die Popular Democratic Movement se hoofsweep, Elma Dienda, het in haar kommentaar gesê dat borsvoed-hoekies by werksplekke vir moeders ingerig moet word.