Werknemer-welstand in die kollig
Die Arbeidsministerie, in samewerking met die Internasionale Arbeidsorganisasie, begin met die ontwikkeling van ‘n nasionale werknemerwelstand-praktykkode wat daarop gemik is om die holistiese welstand van die land se arbeidsmag te verseker. Dit sal onder andere riglyne verskaf oor die bestuur van nie-oordraagbare en oordraagbare siektes insluitend MIV en tering in die werksplek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Job Muniaro, die sekretaris-generaal van die Nasionale Unie van Namibiese Werkers-vakbond.