Werklose onnies moet registreer vir hulp: Nantu
Die Namibië Nasionale Onderwysersunie, Nantu, doen ‘n beroep op werklose onderwysers om by hul streekkantore te registreer vir hulp om werk te kry. Hulle kan daardeur ook waardevolle vaardighede ontwikkel. Nantu se sekretaris-generaal, Loide Shaanika, sê die vakbond is verbind daartoe om onderwysers te ondersteun om werk te kry, onder meer deur afrigting in hoe om hulself tydens werksonderhoude te gedra. Shaanika sê werklose onderwysers kan ook toegang tot leiding en hulpbronne kry om hul werksvooruitsigte te verbeter. Nantu bied verder sielkundige en sosiale ondersteuning aan lede aan.