Werklose jeug moet land help beskerm – Amushehelo

Die veelbesproke NEFF-lid, Michael Amushehelo, het vandag sy protes teen jeugwerkloosheid wat op Onafhanklikheidsdag gehou is, voortgesit. Hy het Donderdag voor dooiemansdeur gekom by Zoo Park in Windhoek toe daar niemand was om hul petisie te ontvang nie. Vandag was hy en sy ondersteuners egter terug by Zoo Park. Hy het hulle petisie voorgelees en dit oorhandig aan verteenwoordigers van die arbeid-ministerie en ‘n paar staatsamptenare. Amushehelo wil onder meer hê dat werklose jongmense opgelei moet word om die land te help verdedig teen bedreigings. Hy sê een van die grootste bedreigings kom van binne die land, in die vorm van wat hy noem “vet politici wat alleen eet”.