Werklose gegradueerdes gesoek vir SA parlement

Die Suid-Afrikaanse Reënboog-alliansie vra werklose gegradueerde Suid-Afrikaners om by hom aan te sluit en moontlik posisies in die parlement te vul. Die organisasie wil 250 werklose gegradueerdes betrek om in die Nasionale Vergadering en provinsiale wetgewers te dien ná die verkiesing. Die alliansie se president, Colleen Makhubele, sê dis belangrik vir jongmense om aktief aan politiek deel te neem, want versuim kan verval en korrupsie laat voortduur. Sy vra die jeug om beheer oor hul toekoms te neem en nie besluitneming slegs aan die ouer geslag oor te laat nie.