Werkloosheidsyfer in SA nie eweredig versprei nie

Die Suid-Afrikaanse federasie van vakbonde, Saftu, sê die effense verbetering in die algemene werkloosheidsyfer is nie eweredig en regverdig versprei nie omdat die swart middelklas, vroue en die jeug steeds werkloosheid in die gesig staar. Die werkloosheidsyfer het met een persentasiepunt gedaal van 33,9 persent in die vorige kwartaal tot 32,9 persent in die jongste kwartaalverslag. Saftu se woordvoerder Trevor Shaku sê hulle twyfel steeds of die land op koers is na groei wat die ekonomie en indiensneming betref: