Werkloosheid is meer as net min geleenthede
‘n Navorser aan die Universiteit van Pretoria, Jessika Bohlmann, het onlangs gesê swak gehalte onderwys en beperkte ondernemerskap-opleiding kniehalter jongmense se vermoë om werk te kry en te behou. Swak maatskaplike omstandighede soos tienerswangerskappe en dwelmmisbruik is ook faktore. Dit vererger die jeugwerkloosheids-krisis, ook in Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die maatskaplike werker en eienaar van Cornerstone Wellness Centre, Natalie Bezuidenhoudt, oor die negatiewe effek van dwelms op die jeug.