Werkloosheid in SA moet nuwe oplossing kry

ActionSA sê Suid-Afrika se volgehoue hemelhoë werkloosheidsyfer beklemtoon die noodsaaklikheid dat die regering sy benadering tot die ekonomie moet verander en nuwe oplossings moet vind om werk te skep. Die land se werkloosheidskoers het die eerste drie maande van die jaar tot 32,9 persent gestyg. Johann Krige van ActionSA sê ten spyte van herhaalde beloftes sedert 2018 om die ekonomie aan die gang te kry, het president Cyril Ramaphosa en sy ANC nog nie werk geskep nie: