‘Werkloosheid gee Hage slapelose nagte’

Tydens die kabinetsinligtingsessie het die Presidensie se woordvoerder en President Hage Geingob se grootste kampvegter, Alfredo Hengari, terugvoer gegee oor die uitgerekte besoek aan COP28 deur 137 Namibiese afgevaardigdes in Dubai. Hengari sê die uitdaging van jeugwerkloosheid, wat op 48 persent staan, gee die president slapelose nagte en hy werk baie hard daaraan om dit te probeer oplos.