Werkloosheid ‘gaan verder toeneem’

Werkloosheid en die werksgaping het albei tot onder pre-pandemiese vlakke gedaal, maar wêreldwye werkloosheid sal in 2024 styg, en groeiende ongelykhede en stagnante produktiwiteit is rede tot kommer, volgens die Internasionale Arbeidsorganisasie. Met meer as 50 persent van leerders wat volgens die eksamenuitslae nie toelating tot universiteite sal kry nie, het Kosmos 94.1 Nuus met die arbeidskenner Herbert Jauch gesels oor hoe dit tot werkloosheid in Namibië sal bydra. Jauch sê tegnologie sal ook verskeie werksgeleenthede vervang.