Werkloosheid en voedselsekerheid in Gauteng kom onder die loep

Die DA in Gauteng sê toenemende werkloosheid in die provinsie verhoog die gevaar van voedselonsekerheid. In die eerste kwartaal vanjaar was net meer as 2 miljoen van Gauteng se inwoners werkloos terwyl meer as 500 000 nie meer werk soek nie. Bronwynn Engelbrecht van die DA sê voedselinflasie het ‘n rekord-hoogtepunt van 13,4 persent bereik wat kos minder bekostigbaar maak: