Werkersklas kry steeds swaar weens inflasie
‘n Ekonoom in die buurland, Dale McKinley, sê die werkersklas in Suid-Afrika byt steeds die spit af met hoë inflasie ten spyte van ʼn daling van 0,9 persent in die verbruikersprys-aanwyser vir Junie, wat inflasie tot 5,4 persent laat daal. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het Donderdag besluit om die terugkoopkoers onveranderd te laat na veelvuldige verhogings sedert 2021, maar McKinley wys daarop dat basiese voedselitems steeds duur bly vir die middelklas en die armes. Hy sê voedselpryse bly steeds aansienlik hoër in vergelyking met dieselfde tyd verlede jaar, wat kwesbare gemeenskappe beïnvloed.