Werkersdag – moontlik ‘n keuse tussen verhoging, of ‘n werk

Werkersdag word internasionaal vandag herdenk. Die dag beklemtoon die belangrikheid van regverdige lone, goeie werksomstandighede en billike indiensneming. Met die heersende ekonomiese omstandighede in Namibië word hierdie jaar se Werkersdag moontlik herdenk onder ‘n keuse tussen ‘n verhoging of ‘n werk. Die sekretaris-generaal van Tucna, die Vakbondkongres van Namibië, Mahongora Kavihuha sê die probleem lê by kapitalisme.