Werkers se gesondheid op die voorgrond 

Die raadpleging van belanghebbendes oor die konsepwetsontwerp op Beroepsveiligheid en Gesondheid het in die hoofstad plaasgevind. Die wetsontwerp sal voorsiening maak vir ‘n veilige en gesonde werkplek en die regte en pligte van werkers sowel as werkgewers aanspreek. Ons verstaan dat die wetsontwerp ook ten doel het om ‘n kommissie vir beroepsveiligheid en gesondheid te stig. Werkplekgesondheids- en veiligheidswette is fundamenteel om werkers se welsyn en hul reg op veiligheid te handhaaf. Job Muniaro, die sekretaris-generaal van die nasionale vakbond van Namibiese werkers, het gepraat oor die belangrikheid van werkers se veiligheid.