Werk versigtig met rooilyn-verwydering!

Die geleidelike opheffing van die veeartsenykundige kordonheining, of rooilyn, bly in die nuus. Die landbouministerie sal ‘n lewensvatbaarheidstudie uitvoer oor die skep van sewe voorgestelde siektevrye sones, wat tans binne die lyn lê. Maande terug het Kosmos 94.1 Nuus met die bekende Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher gesels oor die implikasies vir die ekonomie as die rooi lyn verwyder word. Laubscher verwys ook na die hofsaak wat Job Amapunda aanhangig gemaak het, waarin hy eis dat die rooilyn verwyder word.