Werk kan nie geskep word te midde van afleggings nie 

Saftu skryf Suid-Afrika se werkskeppingstekorte aan strukturele ekonomiese kwessies toe. Die jongste kwartaallikse indiensnemingstatistieke toon ‘n eerste kwartaal-afname van 0,6-persent in formele nie-landbou indiensneming. Die federasie sê ondanks groei in informele handel en sektore soos gemeenskaps- en sakedienste, kwyn werksgeleenthede weens voortdurende afleggings in mynbou en vervaardiging. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die ekonomie sukkel om werk vir nuwe werkers te skep te midde van die afleggings: