Werk aan verwoeste Lilian Ngoyistraat in Joburg net 22% voltooi

Die Johannesburgse metro het bevestig die Lilian Ngoyi-straat-rehabilitasieprojek in die middestad is ‘n jaar na die verwoestende ontploffing slegs 22-persent voltooi. Die burgemeesterskomiteelid vir Vervoer, Kenny Kunene, sê die projek het tot stilstand gekom met rampspoedige gevolge vir padgebruikers, ondernemings en inwoners. Tot dusver is meer as 17-miljard-rand bestee uit die totale bedrag van 180-miljoen-rand wat vir die afhandeling van die projek begroot is. Kunene het aan die SABC gesê die projek het tot stilstand gekom weens kwessies met kontrakteurs.