Wêreldwye gemiddelde temperatuur bereik rekord-hoogte

Amerikaanse navorsers sê die wêreld se gemiddelde temperatuur het Maandag ‘n rekordhoogte bereik toe dit vir die eerste keer 17,1 grade Celsius was. Die jongste rekord is die hoogste een wat sedert die einde van die 19de eeu deur ‘n instrument gemeet is. Suidelike Amerika beleef tans ‘n intense hittegolf, asook China en Noord-Afrika het temperature van 50 grade Celcius aangeteken. Wetenskaplikes glo dit kan toegeskryf word aan ‘n kombinasie van die El Nino-weerverskynsel en die mensdom se voortgesette vrystelling van koolstofdioksied. Satelliet-rekords van temperature word sedert die begin van 1979 gehou. Kenners sê die jongste rekord sal van korte duur wees omdat die El Nino-verskynsel in die komende weke sal versterk.