Wêreldrugby kies vandag in nuwe voorsitter

Wêreldrugby kies vandag ʼn nuwe voorsitter in Dublin, Ierland, om die voormalige Engelse kaptein Bill Beaumont op te volg, wat die laaste agt jaar in die pos gedien het. Die drie aanspraakmakers is die voormalige kaptein van Frankryk, Abdelatif Benazzi, die voormalige Wallaby-flank Brett Robinson, en die Italianer Andrea Rinaldo. Benazzi het 78 toetse vir Frankryk gespeel en het onlangs die rooikaart van 20-minute veroordeel. Robinson is ʼn sterk voorstander om die spel te versnel terwyl Rinaldo ʼn meer wetenskaplike benadering voorstaan om die spel te bestuur.