Wêreldrekord om water met hande te skuif

‘n Man van Idaho het uiteindelik die Guinness-wêreldrekord gebreek om water met sy hande van een houer na ‘n ander te skuif in 30 sekondes, dit nadat hy vyf jaar lank probeer het om die titel te wen.

Die reeks rekordbreker David Rush sê dat hy die rekord verskeie kere in die loop van vyf jaar probeer het, maar sy pogings is gereeld gediskwalifiseer omdat sy  waterhouer effens beweeg het en hy het ‘n ongoedgekeurde oppervlak gebruik.

Rush moes slegs sy hande gebruik om net so bietjie meer as 3 liter water te skuif van ‘n emmer na ‘n kruik wat 1 meter uitmekaar is, in slegs 30 sekondes.