Wêreldnetbal verwerp transgender vroue

Transgender-vroue mag nie meer aan internasionale kompetisies vir vroue deelneem nie. Dit vorm deel van Wêreldnetbal se nuwe beleid ten opsigte van deelname en inklusiwiteit. Hulle het na uitgerekte raadpleging tot die slotsom gekom dat internasionale vrouenetbal deur die geslag van deelnemers bepaal word en die beleid is nodig om regverdigheid en veiligheid te verseker. Dit beteken die vrouespel word op internasionale vlak beperk tot spelers wat by geboorte ‘n vrou was of transgender-atlete wat kan bewys hulle het nog nooit die biologiese uitwerking van testosteroon ervaar nie.