Wêreldleiers begin Trump geluk wens

Gelukwensings stroom in vir Donald Trump. Die voormalige sekretaris-generaal van Navo Jens Stoltenberg, die president van die Europese Kommissie Ursula von der Leyen, Franse president Emmanuel Macron, Britse premier Keir Starmer en Israel se eerste minister is onder diegene wat op sosiale media plasings gemaak het vir Trump. Trump het volgens CNN, Pennsilvanië ingepalm wat hom op 266 kieskollege stemme plaas. Hy het 270 nodig. Demokraat Kamala Harris, wat eers later ‘n toespraak sal lewer, het tot dusver 205 stemme ontvang, weer volgens CNN. Trump het reeds sy oorwinningstoespraak gelewer.