Wêrelddag vir Asma vandag herdenk

Vandag word Wêrelddag vir Asma herdenk. Asma is een van die algemeenste chroniese inflammatoriese afwykings. Die voorkoms daarvan wissel wêreldwyd tussen 5 persent en meer as 20 persent. Asma kom by alle ouderdomme voor en daar is geen geneesmiddel nie. Asma is ‘n ernstige uitdaging vir die openbare gesondheidsektor. Die Namibiese gesondheidsministerie se woordvoerder, Walters Kamaya, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.