Wêreldbekergeskiedenis wink vir Protea-vroue

Krieket: Suid-Afrikaanse krieket sal nog ‘n geleentheid hê, miskien hulle beste tot nog toe, om vir die eerste keer ‘n krieket-Wêreldbeker te wen. Die Proteas kom Sondag te staan teen Nieu-Seeland in die T20-Wêreldbekereindstryd. Die vroue mik na hulle eerste Wêreldbekeroorwinning ooit nadat hulle Australië in die halfeindstryd oorrompel het. Nieu-Seeland het die Wes-Indiese Eilande met agt lopies geklop in die tweede halfeind wat Vrydag in Sharjah gespeel is. Sondag se eindstryd in Dubai begin om vier-uur die middag, Suid-Afrikaanse tyd.