Wêreldbeker vandag in Bloem

Inwoners van Bloemfontein en besoekers aan die Vrystaatse hoofstad vir Saterdag se toets tussen die Springbokke en Portugal, kan vandag die Wêreldbeker sien. Vyf lede van die triomfantelike Bokspan besoek vanaf eenuur vanmiddag die Loch Logan-winkelsentrum. Hulle is die plaaslike helde Ox Nché en Cobus Reinach, asook Lukhanyo Am, Grant Williams en Trevor Nyakane. Die president van SA Rugby, Mark Alexander, sê dit is wonderlik om die trofee na Bloemfontein te neem voor die Bokke Portugal aandurf in ‘n uitverkoopte Vrystaat-stadion.