Wêreldbeker die naweek in die Oos-Kaap

Springbok-ondersteuners in die Oos-Kaap kry dié naweek die geleentheid om hul helde in Nelson Mandelabaai te ontmoet. Sommige lede van die groep wat die Wêreldbeker gewen het, sal Saterdag die stad besoek vir ‘n voortsetting van hul trofeetoer verlede jaar, kort nadat hulle die Webb Ellis-trofee gewen het. SA Rugby se president, Mark Alexander, sê hulle het belowe om ander gebiede ook te besoek. Sondagaand word die eerste episode van die dokumentêre reeks oor die Bokke se Wêreldbeker-segetog, Chasing the Sun Two, op DStv uitgesaai.