Wêreldbeker: Die Aussies vat hom!
‘n Uitstaande kolfvertoning deur Travis Head het Australië tot hul sesde Wêreldbeker-titel gelei nadat hulle die gasheer Indië met ses paaltjies verslaan het. Indië het die eindstryd aangepak as die enigste onoorwonne span in die toernooi, maar was almal uit vir 240 met Mitchell Starc wat drie paaltjies laat kantel het. Australië het die tuisspan se trotse rekord in die toernooi tot ‘n einde gebring in die belangrikste van al die wedstryde. Die Aussies het hulle teiken van 241 lopies na 43 boulbeurte bereik met slegs vier paaltjies plat. Head se 137 van 120 balle was die hoogtepunt van die beurt. Steve Smith van Australië sê die span het ‘n ongelooflike vertoning gelewer: