Wêreldbank sertifiseer Zim se ZiG
Die Zimbabwiese-geldeenheid het internasionale erkenning ontvang. Die Zimbabwiese Reserwebank het aangekondig die Wêreldbank het die ZiG internasionale geldeenheidkode gesertifiseer wat dit sy eie duidelike identiteit gee. ZiG is ‘n afkorting vir Zimbabwe Gold. Sowat 1,4 miljard Namibiese dollar se ZiG is tans in sirkulasie en dit word gerugsteun deur edelmetale en buitelandse valuta ter waarde van sowat 5,5 miljard dollar. Die ZiG vervang die Zimbabwiese dolllar en sal na verwagting pryse stabiliseer, die ekonomie ‘n hupstoot gee en markvertroue bou.