Wêreld wek 50% meer hernubare vermoë in ’23 op

‘n Verslag deur die Internasionale Energie-agentskap toon 50 persent meer hernubare vermoë is verlede jaar wêreldwyd aangebring as in 2022. Altesaam 507 gigawatt hernubare energie-vermoë is in 2023 geïnstalleer, wat die basis tot ongeveer 3 600 megawatt verhoog het, waarvan fotovoltaïese sonkrag driekwart van die wêreldwye toevoegings beslaan. China het verlede jaar net soveel fotovoltaïese sonkrag in gebruik geneem as wat die hele wêreld die vorige jaar gedoen het. Die agentskap voorspel dat globale hernubare vermoë oor die vyf jaar tot einde 2028 tot 7 300 gigawatt sal toeneem.