Wêreld se grootste koraal leef in Stille Oseaan
Wetenskaplikes het die grootste koraal wat nog aangeteken is, in die Salomonseilande in die suidwestelike Stille Oseaan gevind. Die mega-koraal is moontlik ouer as 300 jaar en groter as ‘n blouwalvis. Die koraal is ‘n spesie bekend as Pavona clavus en bied ‘n tuiste aan garnale, krappe, visse en ander seediere. Die ontdekking val saam met die VN se klimaatsgesprekke, COP29, in Baku, Azerbeidjan, waar strategieë teen klimaatsverandering bespreek word. Klein eilandstate, soos die Salomonseilande, is uiters kwesbaar vir klimaatsverandering.