Wêreld se eerste kopoorplantingstelsel onthul – en dit kan binne ‘n paar jaar beskikbaar wees

Die wêreld se eerste kopoorplantingstelsel is bekendgestel. Die stelsel is volgens die uitvinders ‘n baanbreker konsep en sal dit moontlik maak om ‘n kop aan ‘n skenkerliggaam oor te plant.

Foto: BrainBridge / SWNS

Hierdie stelsel konsep is die baba van die neurowetenskap en biomediese ingenieurswese maatskappy, BrainBridge. Dit kan ‘n reddingsboei bied vir pasiënte wat sukkel met ongeneeslike toestande soos fase 4 kanker, verlamming en neurodegeneratiewe siektes soos Alzheimer’s en Parkinson’s.

Die prosedure behels die oorplanting van ‘n pasiënt se kop op ‘n gesonde, breindood skenkerliggaam, met die behoud van die ontvanger se bewussyn, herinneringe en kognitiewe vermoëns.

Foto: BrainBridge / SWNS

BrainBridge voorsien dat die proses binne agt jaar beskikbaar kan wees, deur gebruik te maak van gevorderde robotika en kunsmatige intelligensie vir die oorplantingsprosedures. Die firma beplan ook om gesig- en kopveloorplantings uit te voer om funksionaliteit en estetiese voorkoms te herstel.

Die innoverende konsep is die skepping van die Dubai-gebaseerde projekleier Hashem Al-Ghaili, ‘n biotegnoloog en wetenskapskommunikeerder.

Foto: BrainBridge / SWNS