Wêreld se dekolonialisering nog nie verby: ANC-leier
‘n Lid van die ANC se nasionale komitee, Obed Bapela, sê kolonisasie is verby, maar die wêreld se dekolonisasieprogram het nog nie geëindig nie. Bapela is deel van die ANC se afvaardiging wat die ondersteunersforum van die stryd teen moderne neo-koloniale praktyke in Moskou bywoon. Bapela sê vir die eerste keer het alle voormalige koloniale lande vergader om ‘n globale suide-organisasie te stig om neokolonialisme finaal nek om te draai.