Wêreld se bestes rond Olimpiese voorbereidings af in Londen

Atletiek: Die wêreld se beste atlete kry die geleentheid om hulle voorbereiding vir die Olimpiese Spele af te rond by die Diamantliga-byeenkoms vandag in Londen. Sommige van die groot name wat deelneem is die Amerikaanse naelloper, Noah Lyles, die Nederlandse hekkiesatleet en naelloper, Femke Bol, en Brittanje se Europese kampioen oor die 100 meter, Dina Asher-Smith. Meer as 50-duisend toeskouers het die geleentheid verlede jaar in Londen bygewoon. Die baan- en veldprogram by die Spele in Parys begin op die eerste Augustus.