Wêreld-inentingsweek gevier

Stad Kaapstad moedig ouers aan om nie net te verseker hulle kinders se inentings is op datum nie, maar ook hulle eie, terwyl die land Wêreld-inentingsweek vier. Die stad sê inenting is ‘n eenvoudige en doeltreffende manier om kinders en volwassenes teen verskeie ernstige siektes te beskerm. Die burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, Patricia van der Ross, sê inentings werk deur die immuunstelsel te stimuleer om teen ‘n siekte te veg.