Wêreld-ietermagô-dag word saam met gemeenskappe gevier

Die wêreld vier vanjaar Wêreld-ietermagô-dag op die 17de Februarie. Daar was ‘n merkbare toename in gevalle van ietermagô-handel van September tot November verlede jaar, wat gelei het tot ‘n beduidende kommer oor die oorlewing van hierdie spesie. Die omgewingsake-ministerie het onthul dat die owerhede in daardie tydperk op altesaam 18 ietermagô velle, 12 lewende ietermagô’s en 146 ietermagô-skubbe beslag gelê het. Die stigter van die Pangolin Conservation and Research Foundation, Kelsey Prediger, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê dat hulle vanjaar fees vier saam met gemeenskappe wat ietermagô’s ondersteun en bewusmaking verhoog het.