Wêreld herdenk Diabetesdag
Die wêreld herdenk vandag Diabetesdag en Namibië staar groot uitdagings in die gesig om bewustheid oor die toestand te verhoog. Algemene struikelblokke vir diabetiese pasiënte sluit in swak dieet, gebrek aan fisiese aktiwiteit en onvoldoende selfmonitering van glukosevlakke. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Carmen Letlahagoje, ‘n voedingkundige van die Voedings- en Voedselsekerheid Alliansie van Namibië, wat sê bewusmakingsveldtogte is nodig.