Wenela-grenspos vandag oopgestel vir 24-uur diens
Die minister van binnelandse sake, dr. Albert Kawana en sy Zambiese eweknie, Jacob Mwiimbu, sal vanoggend om tien-uur die 24-uur-operasie van die Katima Mulilo-grenspos in die Zambezi-streek van stapel stuur. Die ministerie se woordvoerder, Margaret Kalo, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê die Wenela-grenspos is belangrik om handel tussen Namibië en Zambië te bevorder omdat dit Zambiese besighede met Walvisbaai verbind.