Welwitschias verloor 48-24 teen die Valke

Die Windhoek Draught Weltwitschias het hul wedstryd teen die Valke met 48-24 verloor. Die Suid-Afrikaners het sewe drieë aangeteken teenoor die Namibiërs se drie. Die wedstryd is in die hoofstad op die Hage Geingob-stadion gespeel as deel van die Mzanzi Challenge. Teen halftyd het die Valke 29-10 voorgeloop.