Welwitschias skop môre Rugby Afrika-beker kwarteindstryde af

Die Welwitschias is in Uganda, waar hulle aan die 2024 Rugby Afrika-beker kwarteindstryde in Kampala gaan deelneem. Namibië het die 2022-weergawe gewen deur Kenia se Simbas met 36-0 in die eindstryd te verslaan. Vanjaar se toernooi is in ‘n 8-span-uitklopformaat en word by die Mandela Nasionale Stadion gehou. Die Welwitschias speel hulle eerste wedstryd môre-oggend om 9-uur Namibiese tyd teen Burkina Faso. Die kaptein, Danco Burger, het sy opgewondenheid oor die toernooi gedeel.