Welwitschias draf vanaand uit teen gedugte All Blacks

Sam Whitelock ewenaar vanaand die gewese kaptein, Richie McCaw, se rekord van die meeste toetse vir die All Blacks wanneer hulle in ‘n Wêreldbeker-groepwedstryd in Toulouse, Frankryk, teen Namibië te staan kom. Die 34-jarige slot speel in sy 148ste toets vir Nieu-Seeland met ʼn groot moontlikheid dat hy gedurende die toernooi by 150 sal uitkom. Hy het in 2010 sy debuut vir die Kiwi’s gemaak en sedertdien 35 punte bygedra. McCaw het vanaf 2001 gespeel tot sy uittrede in 2015. Hy en die Engelse stut Jason Leonard hou tans gesamentlik die rekord van 22 Wêreldbeker-wedstryde.