Weiveld het goeie bestuur nodig, nie net reën

Reënval alleen kan nie optimale weiveldherwinning verseker nie, volgens Erastus Ngaruka, tegniese adviseur vir vee en weiveld by die Landboubank van Namibië. In Namibië se kommunale gebiede gaan weiveld agteruit as gevolg van praktyke soos oorbeweiding, bosindringing en gronderosie. Oorbeweiding verswak die mededingende vermoë van grasse, en dan neem ongewenste spesies, soos houtagtige plante en onkruide, oor. Selektiewe beweiding dra ook by tot ‘n afname in waardevolle grassoorte. Om langtermynherstel te bewerkstellig en noodsaaklike grasspesies vir ekosisteemstabiliteit te herstel, is volhoubare weiveldbestuur noodsaaklik. Kosmos 94.1 Nuus het met Ngaruka gepraat, wat verduidelik.