Weglating van sensus-indiensnemingsdata ‘lyk na polities gemotiveerd’

Die Vereniging vir Ekonomiese Beleidsnavorsing, Epra, veroordeel die Namibië Statistieke Agentskap ten sterkste vir die weerhouding van kritieke indiensnemingsdata van die 2023-sensus, en beskou dit as ‘n skending van deursigtigheid en ‘n poging om die nadelige uitwerking van regeringsbeleid op ekonomiese groei en indiensneming te verdoesel. Epra het sedert 2016 voortdurend kommer geopper dat sekere regeringsbeleide en onlangse regstellende aksie-regulasies werkloosheid vererger het. Die vereniging doen ‘n beroep op die regering om deursigtigheid te prioritiseer en beleid te aanvaar wat volhoubare ekonomiese ontwikkeling en werkskepping bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Eben de Klerk, ‘n navorser by Epra, wat meer deel.