WEF sê nuwe vaardighede moet ontwikkel word
Die Wêreld Ekonomiese Forum waarsku baie betrekkings sal oor die volgende vyf jaar nuwe vaardighede vereis aangesien die wêreld al hoe meer afhanklik raak van kunsmatige intelligensie en digitale tegnologie. Die uitvoerende hoof van SkillsFuture Singapore, Tan Kok Yam, het tydens die Forum se Groeiberaad 2023 in Genève, Switserland, gesê daar is ʼn behoefte aan die ontwikkeling van vaardighede en die aanleer van nuwe vaardighede, om relevant te bly terwyl die toekomstige werkplek ontwikkel. Hy benadruk ʼn vaardighede-eerste-benadering sal aan sommige talenttekorte voldoen.